Boek: Strachan voltooi 1 Recce-trilogie

Die Slag van Cuito Cuanavale is al lank ʼn bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens dié omstrede gevegte.

In 1 Recce: Onsigbaarheid is ons krag, onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self ʼn oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar. ʼn Boek vol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat dié gebeure self beleef het.

1 Recce: Onsigbaarheid is ons krag is die laaste boek in Strachan se spanningsvolle trilogie. Dit volg op 1 Recce: Die nag behoort aan ons en 1 Recce: Agter vyandelike linies.

Oor die skrywer

Strachan is ʼn bekroonde skrywer. Sy debuutbundel kortverhale, ʼn Wêreld sonder grense, is met die Eugène Marais-prys bekroon en is ʼn belangrike deel van die grensliteratuur. Daarna verskyn Die jakkalsjagter, Die werfbobbejaan, Agter die suikergordyn, Dwaalpoort en Brandwaterkom. Laasgenoemde is met die kykNET-Rapport Boekprys bekroon.

Prys: R320,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Miena ·

Ek sou graag al 3 boeke wou koop maar ek kan nie eers hierdie aankoop nie. ek het op die aanlyn rekening probeer aansluit en ingaan maar sonder enige sukses… wel lyk my daar gaan die kans vir julle om geld te in en vir my om n boek (of 03)te kry daarmee heen…
Respek aan Recce’s. My oorlede pa was ook een. (Met gesag gese – ek dink dit is hoekom hy ons as gesin so behandel het tot my ouers maar geskei is). Toe word hy maar n “biker” en dit het sy kop bietjie besig gehou as om heeltyd “bom-bedinges” te wees en “slaan dekking” te skreeu as n kar “backfire” in die verbygaan…

Marthinus W ·

Dankie dat jy die moed het om daaroor te praat. Daar loop sekerlik duisende mans rond met Post-troumatiese Stres (PTS) maar dit word deur baie afgemaak as n swakheid. Ek was n sappeur, wat met landmyne gewerk het, en ek het gesukkel om aan te pas, want orals het ek “boobytraps” gesien, of PomZ’s of J69’s. Ons het gespot: n sappeur kan net een fout maak: wanneer jy jouself per ongeluk opblaas. Ek kannie vandag oorlogflieks kyk nie (bygese die gewone Hollywoodtwak). Die eerste Rambo-fliek “First Blood” is n baie goeie uitbeelding van n soldaat wat terugkeer huistoe, nie verstaan word nie, en hy mag nie eintlik daaroor praat nie, en dan sleg behandel word.

Marthinus W ·

Is die soldate op die voorblad Suid-Afrikaners; recces? Hulle staaldakkies lyk anders; stewels lyk anders; gewere lyk anders.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.