Boek: Strafjaart

Theo Kemp

ʼn Foonoproep uit Pollsmoor laat ʼn navorser se lewe kantel. Só na aan hom was die vrou wat bel dat hy algaande die biblioteek, waar hy die eerste skepe aan die Kaap bestudeer, vir dié tronk se waglokaal verruil.

Gou kom hy agter dat dié plek is nie altyd so strak soos sy tralies nie: daar is ʼn eertydse skipper wat hier vetkoek verkoop; ʼn vrouebewaarder met jazz in haar stem; selfs karaoke-aande in die skaduwee van die lemmetjiesdraad.

Dieper en dieper word hy ingetrek by die lewens van diegene wat wag om ín- of uítgelaat te word. Net toe hy dink hy kan met sekerheid sê wie aan watter kant van die hoë mure staan, moet hy begryp dat verdriet bodemloos is.

In Theo Kemp se Strafjaart vervloei die strominge van ʼn lewe met dié van die Suid-Afrikaanse werklikheid, waar hoop en wanhoop ʼn maalkolk kan raak.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R270,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.