Boek: Strategie vir gebed

 Strategie-vir-gebed.jpgStephen Kendrick en Alex Kendrick

Gebed behoort jou eerste aanvalsplan te wees in die stryd van die lewe, nie jou laaste toevlug nie. En vir ’n geveg van hierdie kaliber het jy ’n doelgerigte strategie nodig.

Strategie vir gebed bied lesers ’n aksieplan wat hulle sal lei van die eerste stap wat hulle moet neem tot op die vlak van ’n volwaardige en selfstandige gebedsoldaat:

  1. Die beginstappe van ’n sterk gebedslewe – die krag en prioriteit van gebed
  2. Die basiese opleiding – wanneer en waar om te bid
  3. Ingesteldhede – soos gehoorsaamheid en volharding
  4. Strategieë – hoe om te bid
  5. Teikens – vir wie om te bid
  6. Ammunisie – wat kan jy gebruik in jou gebede
  7. Ekstra versterking – besprekingsvrae wat in groepe gebruik kan word

Strategie vir gebed sluit aan by die Kendrick-broers se fliek War Room. Dit is ’n hulpbron vir enigeen wat vasberade is om as oorwinnaars in gebed uit te styg.

Oor die outeurs:

Stephen Kendrick is ’n senior medeleraar in prediking by Sherwood Baptist Church in Albany, Georgia, en ook ’n ervare draaiboekskrywer en vervaardiger. Hy en sy vrou het ses kinders.

Alex Kendrick is mede-medialeraar by Sherwood Baptist Church in Albany, Georgia. Hy is ook ’n akteur, skrywer en regisseur van onder meer Facing the Giants. Alex en sy vrou het ses kinders.

Uitgewer: CUM-Uitgewers
Prys: R159,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.