Boek: Stres in die werkplek

Stres_in_die_werkplek.jpgHenk Gouws

Werk is dikwels ’n liefde-haat-saak. Jy kan nie sonder jou werk nie, maar is dit nie die ding waaroor jy die meeste kla nie?

Stres in die werkplek deur Henk Gous is ’n boek vol Bybelse beginsels vir elkeen wat die gekompliseerde werkswêreld moet aandurf.

Henk bespreek verskeie temas wat vir énige een in énige werkplek relevant sal wees, onder andere:

  • Is sukses of geld jou doel?
  • Balans!
  • Werksplekke wat giftig is
  • Die skade van werkloosheid
  • Aftrede
  • Geloof by die werk

Stres in die werkplek sal mense help besef dat hulle ook in die werksegment van hul lewe naby aan God kan leef en so werklik geluk tussen die vier mure van die kantoor kan vind.

Oor die outeur:

Dr. Henk Gous is leraar van die NG Kerk Quellerina in Roodepoort, Gauteng (voorheen studenteleraar in PUK-Kandelaar in Potchefstroom, en leraar in Vanderbijlpark-Suid). Hy dien op ’n wye gebied in die NG Kerk as leier, waaronder voorheen Moderator van die Sinode van Wes-Transvaal, Voorsitter van die Algemene Jeugkommissie en ondervoorsitter van die Kuratorium van die Teologiese Fakulteit by UP. Naas jeugwerk is pastoraat en prediking fokuspunte in sy bediening. Sy sportsoorte is fietsry en stap, met natuur en avontuur as ander liefhebberye.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R99,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.