Boek: Stroomop

Harald Pakendorf

Hoekom bel ’n boosaardige eerste minister ’n koerantredakteur skuins na sonop by sy huis? Waarom wil ’n kabinetsminister ’n verslaggewer met die vuiste bydam? En hoe kry ’n Afrikaanse koerant dit reg om tydens die apartheidsjare volledig oor ANC-beleidstandpunte te rapporteer?

Harald Pakendorf beantwoord dié vrae, en nog vele meer, in sy herinneringstog deur ’n onstuimige tydperk in Suid-Afrika se geskiedenis. Die grootkoppe van apartheid kon hierdie “liberale” redakteur van Oggendblad  (1972–1979) en Die Vaderland  (1980–1986) met moeite voor hulle oë verdra. Pakendorf moes John Vorster en PW Botha se woedebuie telkemale trotseer.

Vandag sal lesers hul koppe in ongeloof skud oor die scenario’s wat tydens apartheid se hoogbloei in die voorkamers van politieke mag afgespeel het. Maar vir die politieke base van destyds was Harald Pakendorf sy tyd ver vooruit. Só ver dat hulle hom sonder meer uit sy redakteurstoel verwyder het. ’n Fassinerende, persoonlike terugblik wat lesers sal boei.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R230,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

4 Kommentare

Deon Kotzé. ·

Harald het presies gereageer en geskryf soos ‘n pion v d illuminati en geldmag.

Casper Labuschagne ·

Tekenend dat die titel “Stroomop” is, ‘n ou Sjinese gesegde lui, “Water vloei afdraande terwyl dit die mens se lot is om opdraand te beur.” En vandag beur ons minderheid nou teen ‘n steil opdraande uit waar amper elke voorspelling van hoe die land sal verval en tot duie gaan onder ‘n swart regering nou voor ons oë verwesentlik word. Was dit die moeite werd om in ons eie leeftyd, die val van Afrikaans, die massa emigrasie van die meeste witmense, ‘n verarming van diegene wat agterbly, ‘n toenemende vernedering van witmense en die juk van ‘n kommunistiese bestel te mag ervaar? Ek vermoed eerder dat Harald Pakendorf homself op die skouer sal klop en sê, “My taak is nou voltooi, die doelwit is bereik en dertig silwer sikkels is in my sak.”

ek sê maar ·

Verbaas om te lees dat sommige mense dink een enkele mens (Mnr Paknedorf) kon so baie vermag. Ge

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.