Johan Fourie
Op die plaas Vrede, langs die Gamkarivier in die Klein-Karoo, spoel drie kinders op 16 Desember 1880 soos opdrifsels uit twee verbondsriviere saam: Bloedrivier en die Gxhara. In die Blanckenbergs se plaaskombuis ontstaan op hierdie dag ’n verbintenis tussen Klein Sarel, Victoria en Marja, ’n voorbeskikte lot wat ’n leeftyd sou duur. Drie struisvoëls wat in vloedwater voortdryf, langnekmaste sonder seil …
“Dis ’n soort vloeipoësie, hittig soos magma, en aan’t beweeg. Waarheen? Dis juis die wese van dié werk: dat jy nie weet waarheen nie, maar jy móét volg.” – Petra Müller
Oor die outeur
Johan Fourie is ’n psigiater wat in George praktiseer. Hy is getroud en het drie kinders. Sy plaas in die Gamka-vallei gee hom groot plesier.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R240.00*
*Prys onderhewig aan verandering