Boek: Sunel Combrinck se ‘Hartklop: Die ontwaking van Winter’

Sunel Combrinck 

In Hartklop: Die ontwaking van Winter maak lesers kennis met Lumi as hoofkarakter. Lumi is half-mens, half-“fae” (fee) en al waaraan sy op haar 17de verjaardag kan dink, is die dood.

In ʼn poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaardag leef, word sy deur haar peetouers in ʼn kosskool vir tiener-fae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ʼn web van onbeheerbare fae-magte, nuwe vriende en ʼn vyand wat net nie wil laat gaan nie.

Colden Breakspear is die ligtekop, blou-oog Kruis-fae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste fae-monarge in Tír na hÓige? Wat presies het hulle ouers met alles te doen?

Dit is in ʼn neutedop waaroor Sunel Combrinck se debuut-fantasieverhaal, Hartklop: Die ontwaking van Winter, gaan. Die boek het pas by Lapa Uitgewers, ʼn druknaam van Penguin Random House, verskyn.

Oor die skrywer

Combrinck is ʼn onderwyser by Hoërskool Eldoraigne en is tans besig met haar Nagraadse Onderwys Sertifikaat (NGOS) vir die senior- en verdere onderwys- en opleidingsfase by die Afrikaanse Protestantse Akademie.

Sy bedryf ʼn skryfskool by Hoërskool Eldoraigne waar sy tieners die kuns van storieskryf leer en sy is ook die afdelingshoof van Romance Writers Organisation of South Africa (ROSA) se Pretoria-tak.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.