Boek: Suzelle DIY – Die boek

9780798170109-13_SDIY_COVER_AFRIKAANS.jpgJulia Anastasopou en Ari Kruger

Suzelle DIY het Suid-Afrika soos ’n tornado getref. Dié internetpersona se video’s op YouTube het soos ’n veldbrand versprei en word gereeld deur meer as 100 000 mense gekyk. SuzelleDIY: Die boek gee ’n humoristiese kykie op doen-ditself waar dinge meestal reg, maar ook verkeerd kan loop. Sy gee wenke vir hoe om huishoudelike takies ligter te maak (niemand hou immers daarvan nie), jou kar te versorg, groener te leef, braaityd in ontspantyd te verander, jou tyd in die kombuis tot die minimum te beperk en werklike selfdoen-projekte sonder enige voorvalle aan te pak.

Suzelle se vriendin, Marianne, maak ook haar verskyning en toon ’n groot voorliefde vir alles wat dierverwant is. Suzelle deel ook haar skoonheidswenke. En om af te sluit: wonderlike resepte vir soet en soutgoed. Want almal kan.

Oor die outeur

Julia is ’n Kaapse illustreerder en ontwerper wat verantwoordelik is vir ’n verskeidenheid projekte wat wissel van produkontwerp tot die illustreer van kinderboeke. Sy het egter bekendheid verwerf vir haar Suzelle DIY video’s wat op YouTube verskyn en in samewerking met Ari Kruger van stapel gestuur is.

Ari Kruger is die direkteur van Sketchbook Studios, en ’n animeerder en skrywer. Hy is ook die medevervaardiger van Suzelle DIY.

Uitgewer: Human & Rosseau
Prys: R325.00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.