Boek: Swemlesse vir ‘n meermin

swemlesse vir 'n meerminMarita van der Vyver

Hanna skryf ’n lewensgids vir haar sussie Ariel (wat aan die einde van Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom gebore is) wat dié moet lees as sy eendag dertien is. Dié lewensgids word soms ook ’n joernaal of vertelling van die vyftienjarige Hanna se lewe terwyl sy die gids skryf, en spesifiek Hanna se kennismaking met haar stiefbroer Yann se vriend Benjamin, op wie sy verlief raak.

Oor die outeur:
Marita van der Vyver is op 6 Mei 1958 in Kaapstad gebore. In haar matriekjaar (aan die Hoërskool Nelspruit) 1975, wat ook die Afrikaanse Eeufeesjaar is, wen sy ’n landwye digkunswedstryd en slaan so ’n studiebeurs van vier jaar los. In 1978 behaal sy ’n BA-graad met tale en drama en in 1979 ’n honneurs in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch. ’n Paar jaar later ontvang sy ’n meestersgraad in joernalistiek.
Sy werk as joernalis by Die Burger en Sarie totdat sy in 1987 die vryskutlewe aanpak. Sy debuteer in 1982 met die kinderboek Van jou jas, maar dis haar eerste boek vir volwassenes die opspraakwekkende Griet skryf ’n sprokie in 1992 wat ’n blitsverkoper is en vele herdrukke beleef. Die roman is met die M-Net-prys, ATKV-prys en die Eugène Marais-prys bekroon.
Vir haar kinder- en jeugboeke word sy onder meer met die Tienie Holloway-medalje, die MER-prys en die Sanlam-prys vir jeuglektuur bekroon. Haar roman Wegkomkans is hoofsaaklik geskryf tydens haar sabbatsjaar (1996/97) in die suide van Frankryk. Sedert 1999 woon Marita saam met haar Franse man, Alain, en vier kinders op die Franse platteland.

Klik hier om die boek te koop.
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R140-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.