Boek: ‘Sy is myne’ – Francine Rivers

Francine Rivers

1875. Wanneer Kathryn Walsh in die myndorp Calvada aankom, is liefde die laaste ding waaraan sy dink. Haar welgestelde stiefpa het haar weggestuur uit Boston om ʼn erflating te kom opeis van ʼn oom wat sy nooit geken het nie: ʼn klein koerantkantoortjie in die hoofstraat van ʼn dorpie vol bordele en kroeë, en ʼn skynbaar waardelose myn.

Kathryn besluit om haar oom se koerant weer op die been te bring en bevind haar kort voor lank midde-in ʼn storm tussen twee van Calvada se magtigste mans. Kathryn is egter vasbeslote om aan te hou sê – en skryf – waarin sy glo.

Matthias Beck, kroeg- en hotel-eienaar, sien onmiddellik dat die beeldskone, uitgesproke rooikop net so vasberade soos haar oom is. En hy weet haar strewe na geregtigheid kan ook háár dood veroorsaak…

Die aantreklike hotel-eienaar en die eiesinnige juffrou Walsh sien dat hulle tog vir dieselfde ding baklei: ʼn dorp waarop hulle trots kan wees. Almal wil graag ryk word in die myndorpie, maar dit is ʼn liefde baie kosbaarder as goud wat almal in die dorp uiteindelik sal red.

Sy is myne, die Afrikaanse vertaling van Francine Rivers se The lady’s mine, het pas by Christelike Uitgewersmaatskappy (CUM), verskyn.

Prys: R299,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sylvia ·

Nou besig om regtig ‘n “Mills & Boon” “skrywer” te word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.