Boek: Syferfontein

Syferfontein-voorbladCas Wepener

Dekades lank het Peet van Jaarsveld sy bokplaas Syferfontein in die Karoo met ’n ysterhand bestuur. Ná die afsterwe van sy eggenoot leef hy in toenemende isolasie van sy kinders en die gemeenskap en probeer homself probeer oortuig dat sy dade en ongenaakbare houding teenoor ander verantwoord is. Tydens Geloftenaweek in 1960 gebeur daar enkele dinge op sy plaas wat sy ouderdom, eiesinnigheid en verval onder die vergrootglas plaas.

Syferfontein is die noukeurige en vaardige bestekopname van die herinneringe, denke en drome van ’n bejaarde man en vertel die verhaal van die uiteindelike ondergang van ’n patriargale Afrikaner oor die tydsverloop van ’n enkele naweek.

In hierdie tragedie waarin Peet van Jaarsveld van sy verlede rekenskap neem, wys outeur Cas Wepener ons ’n wêreld en ’n denkwyse wat op makabere manier sowel vertroud as vreemd is.

Oor die outeur

Cas Wepener (1972) is sedert Julie 2010 aangestel as professor aan die Universiteit van Pretoria. Hy is die skrywer van talle akademiese en populêre artikels, asook ’n boek Aan tafel met Jesus en ʼn bundel liturgiese voorstelle, Soos ’n blom na die son draai (2011). Sy bundel kortverhale Dubbelfoto het in 2000 by Protea Boekhuis verskyn.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R220.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.