Boek: Tania Brink-verhale nou gebundel

Lees dié drie gewilde Tania Brink-tienerliefdesverhale nou in een omnibus:

My hart is vol graffiti
Lara het die perfekte ou. Maar wanneer sy en haar beste vriendin, Vanessa, ʼn artikel vir ʼn tienertydskrif oor graffiti moet skryf, ontmoet hulle ʼn regte graffitikunstenaar wat hulle aan ʼn opwindende nuwe wêreld bekend stel.

My eerste soen en ander dinge wat jou uit die bloute kan tref
Toe Reza op haar blog vertel van haar rampspoedige afspraak met ʼn ou van die seunskool, het dit onverwagte gevolge. Skielik kan sy uit honderde ouens kies – en een van hulle sal die kans kry om haar op ʼn droom-date te vergesel.

Ouens is nie pizzas nie
Anja en Zanelle werk vir die Desembervakansie in ʼn pizzarestaurant by die see, en dan ontmoet hulle twee aantreklike boeties … en dinge raak warmer as ʼn Meksikaanse pizza met ekstra chilli-sous!

Prys: R240,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.