Boek: Tania en die Towerfluitjie

tania en die towerfluitjie

Helen Brain (Illustrasies: Rico Schacherl)

Tania Toerien wil haar skoolhoof, Juffrou Joubert, beïndruk, maar met ’n familie soos hare gaan dit meer as ’n A-gemiddeld vat. Gelukkig is die hondeskou om die draai en Tania het haar planne agtermekaar.

Sy gaan vir Voete, haar energieke, rowwe- wasgoed-stelende hond verander in die beste hond op die skou. Maar dan moet sy eers die towerfluitjie in die hande kry. Maar Bieber, haar broer se bobbejaantjie, het ook sy oog op die fluitjie. Dit is die begin van algehele chaos, maar end goed, alles goed.

’n Humoristiese, prettige storie vol drama en regte, egte karakters.

Oor die outeur:
Helen Brain het al verskeie publikasies die lig laat sien, waaronder Who’s Afraid of Spiders, My hart klop muffins, Kry vir jou ‘n vlieëkoekie en ander krakerige stories en Len en Ben en die groot seerowerredding, e.a. Afgesien daarvan dat sy gereeld in tydskrifte en koerante artikels en resensies oor kinderboeke skryf, het sy ook ‘n webwerf waarop sy aan aspirantskrywers wenke en ander inligting gee. Helen woon in Mowbray.

Oor die medeskrywer:
Nicky Webb is ‘n veearts en woon in Port Elizabeth.

Oor die kunstenaar:
Rico Schacherl is baie bekend vir sy illustrasies van die ikoniese Madam & Eve. Hy het ook al kinderboeke vir oorsese uitgewers geïllustreer.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R120-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.