Ruda Landman
Ruda Landman praat met prominente Suid-Afrikaners oor hul lewenskeuses en hoe verandering hulle beïnvloed het. Dit lei tot ʼn kleurvolle mosaïek van uiteenlopende, soms hartseer, dikwels inspirerende lewensverhale.
Die boek bevat die insigte van onder andere Pieter-Dirk Uys, John Kani, Marc Lottering, Ferial Haffajee, Katlego Maboe en Gugu Zulu.
Oor die outeur
Ruda Landman is een van Suid-Afrika se mees vertroude en bekende joernaliste. Sy was vir 19 jaar mede-anker van die top ondersoekende-joernalistiek program Carte Blanche. Sy is veral bekend vir haar onderhoude, en het Veranderdinge op KykNET en Talking Change op www.brightrock.co.za aangebied. Sy is ʼn nie-uitvoerende direkteur by Media24.
Uitgewer: Tafelberg Uitgewers
Prys: R290,00*
*Prys onderhewig aan verandering.
Koop die boek by Graffiti Boeke