Boek: Tem jou kind se tantrums

Tem_Jou_kind_se_tantrums.jpgDr. James Dobson

Die meeste ouers het al iewers langs die pad gevoel asof hul kind se buie die huishouding beheer. En dan praat ons nie eers van daardie skaam-my-dood-oomblikke in die winkel waar jy regtig nie weet wat om te doen nie …

James Dobson het raad in Tem jou kind se tantrums.  In hierdie sakpas-juweeltjie fokus Dobson spesifiek op die dissiplinering en liefdevolle vorming van kinders. Dobson gee praktiese raad en basiese beginsels vir ouers wanneer dit kom by sake soos lyfstraf, dissipline vir verskillende ouerdomme, sensitiewe kinders  en woede by ouers.

Tem jou kind se tantrums bevat ook ʼn spesiale afdeling met vrae en antwoorde waar Dobson algemene vrae en bekommernisse van ouers behandel.

Tem jou kind se tantrums is ideaal vir ouers wat dikwels wonder hoe om daardie klein maar sterk willetjie onder beheer te bring.

Oor die outeur 

Dr. James Dobson is die radio-aanbieder van Dr. James Dobson’s Family Talk. Hy is ’n gekwalifiseerde sielkundige en huweliks-, gesins- en kinderberader, asook die outeur van meer as 30 boeke wat gerig is op die behoud van die gesin. James is getroud met Shirley en hulle woon in Colorado. Hulle het 2 volwasse kinders, Danae en Ryan, en ook kleinkinders.

Uitgewer: Cum-Uitgewers
Prys: R79,95*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.