Boek: ‘Terreur en bevryding’ – Leopoldt Scholtz

Leopoldt Scholtz 

Wie vandag se ANC, sy beleid en regeerstyl wil verstaan, moet feitlik ʼn eeu terug begin delf. ʼn Deel van die antwoord lê in sy verhouding met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP) en die invloed van die kommunisme, asook die ANC/SAKP se optrede in ballingskap, skryf die politieke kommentator en historikus Leopold Scholtz.

In Terreur en bevryding, wat pas by Jonathan Ball verskyn het, toon Scholtz aan hoe die SAKP reeds in 1928 opdrag van die Kremlin ontvang het om die ANC te infiltreer. Die doel was om mettertyd die partyleiding oor te neem as deel van ʼn beoogde revolusie in twee fases: ʼn nasionaal-demokratiese revolusie – ʼn konsep wat steeds deel is van ANC-beleid – gevolg deur ʼn Marxisties-Leninistiese “diktatuur van die proletariaat”. Volgens Scholtz sou dit ʼn immorele stelsel met beperkte vryheid meebring.

Dit was ook die SAKP wat die dryfveer agter die gewapende stryd was.

Scholtz plaas die kollig op die dodelike kombinasie van erge interne on verdraagsaamheid en onbekwaamheid binne die ANC/SAKP in ballingskap, die korrupsie deur ʼn deel van die leierskorps en die ernstige menseregtevergrype in die ANC se buitelandse kampe. Hy voer aan dat dit wat tans in Suid-Afrika op al drie regeringsvlakke gebeur ʼn voortsetting is van ʼn kultuur wat al tydens die alliansie se jare in ballingskap gevestig is.

Oor die skrywer

Scholtz is ʼn oudjoernalis en die skrywer van nege boeke, waaronder die gewilde Ratels aan die Lomba, Die SAW in die Grensoorlog en Die SAW en Cuito Cuanavale. Hy was tot 2007 adjunkredakteur van Die Burger en het daarna Media24 se Europese kantoor beman. Hy het in 2013 afgetree, maar skryf steeds gereeld ontledings oor die internasionale politiek en aktuele sake. Scholtz is tans ʼn navorsingsgenoot aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroom-kampus.

  • Leopold Scholtz is ook ʼn meningstukskrywer vir Maroela Media. Klik hier om al Scholtz se vorige meningstukke op Maroela te lees.

Prys: R285,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hennie Biebouw ·

Ai, dat die skrywer nou self sy boek pofstukkie moet skryf. Maar heelaas besef ons almal dat dit wat ons vandag in Suid-Afrika sien, bloot die karakter van die ANC is. Dis waarskynlik alles Apartheid se skuld.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Geagte Dr. Scholtz,

Dit is krities dringend belangrik dat hierdie boek ook spoedig internasionaal in Engels beskikbaar sal wees. Hoe gouer, hoe beter.

Dankie vir al u insette ongeag kritiek uit welke oorde ookal.

Henning ·

Leopold Scholtz is absoluut korrek om die ANC/SAKP as een organisasie te beskryf – hul credo, ideologie en doktine is dieselfde ding. – Henning van Aswegen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.