[Boek] Terreur in Kaboel

Terreur-in-KaboelHannelie Groenewald

Geroepe om te gaan werk in Afganistan trek die Groenewalds uit Pretoria Kaboel toe. Elf jaar later word Werner, Jean-Pierre en Rodé in ‘n wrede terreuraanval vermoor. Hannelie bly alleen agter. Hoe gebeur so iets met mense wat in gehoorsaamheid geleef het, oortuig van God se beskerming?

Hannelie Groenewald se openhartige verhaal is ‘n merkwaardige getuienis van ‘n lewe in geloof, van God se liefde, genade, en die krag van vergifnis. Sy wys dat enigeen kán opstaan uit die as.

Oor die outeur

Hannelie het haar MBChB-graad aan die UP voltooi. Sedertdien werk sy in die privaatpraktyk. Sy en Werner is in 1990 getroud. Twee kinders is gebore uit hulle huwelik: Jean-Pierre en Rodé. Ten tyde van die aanval op hulle was die kinders onderskeidelik 17 en 15 jaar oud. Werner en Hannelie was 24 jaar getroud. Hulle was meer as 11 jaar in Kaboel.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R195.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.