Boek: Terugblik

Terugblik is ʼn versameling van prof. Fransjohan Pretorius se rubrieke oor die geskiedenis van Suid-Afrika van vóór Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap tot die jongste gebeure. Dié rubrieke het aanvanklik in die dagblad Beeld verskyn. Lesers maak kennis met helde en hensoppers, met skurke en sterre in die land se verlede. In kort en boeiende rubrieke word die leser se geheue verfris oor al die grootste momente in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, sowel as ’n paar minder bekende maar ewe interessante gebeure.

Oor die skrywer

Pretorius is emeritus-professor in die Departement Historiese en Erfenisstudies aan die Universiteit van Pretoria. Met sy talryke gewilde publikasies het Pretorius bekend geraak as ’n historikus wat daarin slaag om geskiedenis toeganklik vir gewone lesers te maak. Naas verskeie bekronings vir sy publikasies oor die Anglo-Boereoorlog is hy in 2019 met die Jan H Marais-prys vereer vir sy uitstaande bydrae tot Afrikaans as wetenskapstaal.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae