[Boek] The President’s Keepers

Omslag van die boek (NB Uitgewers)

Jacques Pauw

Die ondersoekende joernalis Jacques Pauw onthul die donkerste geheim wat die kern vorm van Jacob Zuma se gekompromitteerde regering: ʼn kankeragtige kabaal wat die president se vyande elimineer en wetstoepassingsagentskappe reinig van goeie mans en vroue.

Terwyl Zuma vir sy politieke lewe baklei ná die Gupta-e-posse in 2017 uitgelek het, het hierdie kabaal – The President’s Keepers – seker gemaak dat hy ná jare van ʼn vervalle regering, steeds aan bewind en uit die tronk bly. Maar is Zuma die poppekasmeester of hul marionet?

Reis saam met Pauw waar hy die mafiastaat ondersoek. Van KwaZulu-Natal en die Wes-Kaap tot die magsgange in Pretoria en Johannesburg – en selfs geheime vergaderings in Rusland. Dis ʼn spoor van leuens en spioene, kornuite, kontant en koningmakers waar Pauw sy weg vind deur ʼn web van bedrog wat die vierde president van die demokratiese era omhul.

Oor die outeur:
Joernalis en outeur Jacques Pauw was in die laat 1980’s ʼn stigterslid van die Afrikaanse koerant Vrye Weekblad, waar hy die Vlakplaas-polisiemoordbendes onthul het. Hy het vir die land se voorste publikasies gewerk voor hy ʼn filmmaker geword en dokumentêre flieks vervaardig het oor oorloë en konflikte in onder meer Rwanda, Burundi, Algerië, Liberië, Soedan, die Demokratiese Republiek van Kongo en Sierra Leone. Toe hy in 2014 uit die joernalistiek getree het, was hy hoof van ondersoeke by Media24-koerante. Hy het die CNN Afrika-joernalis van die jaar-toekenning twee keer gewen, die Daniel Pearl-toekenning vir buitengewone internasionale ondersoekende verslaggewing in Amerika, Italië se Ilaria Alpi en die Nat Nakasa-toekenning vir durf en integriteit in joernalistiek. Hy is die outeur van vyf boeke: vier nie-fiksie en een fiksie: In the Heart of Whore, Into the Heart of Darkness, Dances with Devils, Rat Roads en Little Ice Cream Boy. Drie van sy boeke was op die kortlys van bekende literêre toekennings.

Boek: The President’s Keepers
Uitgewer: Tafelberg
Prys: R280-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Die boek is ook as ‘n e-boek beskikbaar

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.