Boek: ‘Theseus’ – Maritha Snyman

Maritha Snyman 

Hy is sterk en slim.
Hy is reg vir avontuur.
Hy hou nie van boelies nie.
Hy is ʼn seun wat sonder ʼn pa grootgeword het.
Maar hy gaan nou sy pa vir die eerste keer ontmoet.
Sy naam is Theseus en hy verslaan boewe.

Theseus is ʼn superheld wat in Antieke Griekeland geleef het. Hy het sonder ʼn pa grootgeword, maar op sy agtiende verjaarsdag vertel sy ma vir hom dat sy pa eintlik ʼn koning is wat hom nie wou gehad het nie. Die enigste manier om sy pa oor te wen, is om ʼn paar sandale en swaard wat onder ʼn reuseklip versteek is, na sy pa te vat. Sy pa soek ʼn seun wat sterk en magtig is. Met sy superkrag kry Theseus die sandale en swaard en beplan om sy pa te gaan ontmoet, maar die pad soontoe is besonders gevaarlik. Theseus moet ʼn klomp boewe verslaan en uiteindelik word hy bekend vir sy krag en goeie dade.

Theseus is deur Maritha Snyman geskryf en die boek het pas by Lapa Uitgewers verskyn.

Oor die skrywer

Snyman word allerweë as een van die grootste kinderboekkenners in Afrikaans beskou, en sy het veral bekendheid verwerf danksy haar leserstudies op die gebied. Sy is die skrywer van topverkoper-kinderboeke soos die Liewe Lawwe Lagboek-reeks, ʼn Annerste ABC-boek vir aspatatte, en verskeie titels in die Reënboogrant-reeks.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R145,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.