Boek: Tillie Appelpit – Die lappieskombers

Andreas Schmachtl

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, hou van kuier met haar vriende en is baie lief vir naaldwerk. Eendag bring haar vriendin opwindende nuus… daar is ʼn groot naaldwerkkompetisie op die dorp met uitstekende pryse om te wen! Dadelik is al hier vriende druk besig met naaldwerk, en niemand word genooi vir tee nie. Die nuuskierigheid raak vir Tillie net te veel! Wat maak hulle almal? En hoekom is almal so vreeslik geheimsinnig?

Welkom by die wonderlike wêreld van Tillie Appelpit!

Oor die outeur

Andreas H. Schmachtl is in 1971 gebore en het kuns studeer. Hy skryf en illustreer al sedert 2007 die oulikste karakters, met baie detail, en skryf wonderlike, avontuurlustige stories van muise, hasies, krimpvarkies en ander klein diertjies wat baie na aan sy hart lê.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.