Boek: Tillie Appelpit – Die onverwagse gas

Andreas Schmachtl

Tillie Appelpit, die appelbloeiselwit kerkmuisie, is mal oor kuiergaste – en wanneer sy haar vriende vir tee nooi, ruik haar huisie tussen die heuwels altyd heerlik na varsgebak.

Eendag ontdek sy ʼn onverwagse gas voor haar deur: ʼn Eier! Tillie neem daar en dan verantwoordelikheid vir die eier – want sy weet ʼn eier moet warm gehou, vertroetel en versorg word. Wat sy egter nié weet nie, is dat daar ʼn groot verrassing in die eier wag.

Welkom by die wonderlike wêreld van Tillie Appelpit!

Oor die outeur

Andreas H. Schmachtl is in 1971 gebore en het kuns studeer. Hy skryf en illustreer al sedert 2007 die oulikste karakter, met baie detail, en skryf wonderlike, avontuurlustige stories van muise, hasies, krimpvarkies en ander klein diertjies wat se beskerming vir hom baie na aan die hart lê.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

My mening ·

Dit lyk te mooi! Ek koop gereeld vir myself kinder- en sprokiesboeke, veral die wat met soveel detail geillustreer is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.