Boek: Tirannosourus Sot

Tirannosourus-Sot-voorblad-002.jpgJulia Donaldson

In die oertyd in ’n oerwoud waar dit wemel van die gras
was daar platbek-dinosourusse wat swem in die moeras.
Hul roep: “Hoera vir water en vir riete en vir gras.
Hoera vir waterblommetjies, want dis lekker om te plas!”

Wie het al ooit gehoor van ’n vegetariese tirannosourus? Hierdie klein dinosourus beland in die verkeerde nes… Hy mag dalk klein wees, nie mooi weet waar hy hoort nie en net plante eet, maar Tirannosourus Sot is slim!

Oor die outeur

Julia Donaldson is een van die top kinderboekskrywers wêreldwyd. Sy was die VK se “Children’s Laureate” 2011–2013 en het al meer as 100 boeke vir kinders geskryf. Haar boeke het al verskeie pryse gewen, onder andere die Red House Children’s Book Award en die Blue Peter Award. Sy woon in Glasgow, Skotland, saam met haar man, Malcolm.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.