Boek: Tjoppie: Die tweeling, Die skat

Liz de Villiers

Tjoppie en die tweeling

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontmoet hy twee maatjies wat presies dieselfde lyk. Maar hoe kan dit wees? Chewy en Lobo is ‘n tweeling en hulle gaan Tjoppie leer hoe om mededeelsaam te wees.

Tjoppie en die skat

Tjoppie is ’n nuuskierige klein hondjie. Vandag ontdek hy iets eienaardigs in die tuin. Hy grawe en grawe. Fluit-Fluit waarsku hom om versigtig te wees, maar so byna krap Tjoppie Warrie Wurm se huisie heeltemal om! Gelukkig kan almal fluks help en Tjoppie kan sy nuwe skat saam met hom huis toe neem.

Tjoppie se prettige, kleurvolle avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters.

Oor die outeur

Liz de Villiers het as lektor in visuele kommunikasie by die AAA School of Advertising in Kaapstad gewerk en onlangs haar meestersgraad in ontwerp by die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (KSUT) voltooi. Sy woon en werk tans as onderwyser in Engels in Sejong in Suid-Korea.

Oor die illustreerder

Vian Oelofsen is ‘n voltydse kinderboekskrywer en illustreerder. Hy werk vir plaaslike, sowel as internasionale uitgewers en het al meer as 50 boeke vir kinders geïllustreer. Hy is veral bekend vir sy illustrasies van die gewilde Liewe Heksie en Haas Das-reekse. Hy woon in Stellenbosch.

Genre: Kinderboek
Ouderdom: 0 tot 6 jaar
Uitgewer: NB-Uitgewers

Prys: R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae