Boek: Toe Elvis ophou sing

Toe-Elvis-ophou-sing-voorblad.jpgJuanita Aggenbach

Waar het alles so verkeerd gegaan? Sy het haar voorgeneem om nie soos Ma koud en afsydig teenoor haar man te wees nie. Om te veg vir haar huwelik. Ma het in die huwelik gebly in liggaam maar haar gees was nie daar nie. Sy was nog heeltyd in liggaam en gees daar. Sy het alles gegee, altyd die vrede probeer bewaar, nooit die appelkar omgegooi nie. Hoekom is dit dan dat sy nie haar man kon hou nie? 

In hierdie aangrypende roman word pertinente vrae gevra: Waarom bly ons lojaal tot die mense vir wie ons lief is? Is daar ’n “reg” en “verkeerd” in verhoudings? Is dit onselfsugtig en groothartig om by ’n verslaafde te staan – of eerder pateties om nie jouself eerste te stel nie?

Toe Elvis ophou sing is ʼn boek wat ʼn binnekyk gee in die lewe van alkoholisme gesien deur die familielede van die alkoholis. Meer spesifiek die kind van ʼn alkoholis. Die boek beeld die progressiewe stadia van alkoholisme uit. Waar die alkoholis net as ʼn sosiale drinker begin en opeindig as ʼn aggressiewe dronkaard. Toe Elvis ophou sing ondersoek ook die effek, wat alkoholisme het, op die individu wat in so ʼn huis grootword en later ʼn huishouding van haar eie het. Hoe denkpatrone, gedragspatrone en keuses steeds gedryf word deur hierdie disfunksionele gesinsomstandighede waarin die volwassene as kind grootgeword het.

Oor die outeur

Juanita Aggenbach is ʼn Kriminologie-dosent by Varsity College in die Kaap. Sy was vir agt jaar ʼn sielkundige en  berader en het begin skryf omdat sy lus was vir ʼn nuwe uitdaging. Haar eerste roman wat in 2012 by Protea gepubliseer is – Dis my geheim – was haar eie verhaal as aangenome kind en is in 2013 herdruk.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195.00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.