Boek: Toe meneer Venter deurskynend geword het

Toe mnr Venter deurskynend geword het voorbladPaul Maar

Op ’n dag stel meneer Venter vas dat hy stadig maar seker besig is om deurskynend te word! Geen dokter kan hom help nie en dit word elke dag erger! Sy hond Snorrie het geen probleem daarmee nie en mevrou Eloff, wat twee keer per week sy huis kom skoonmaak, nog minder. Want terwyl sy skoonmaak, gaan sit sy dikwels op ’n kombuisstoel. Net om ’n bietjie te rus. Maar dit kan ook gebeur dat meneer Venter reeds daar sit …

Die storie is humoristies en propvol avontuur – pragtig geïllustreer en perfek vir selflees en voorlees vir kinders ouer as vier.

Oor die outeur:
Paul Maar (gebore 1937) is een van die beroemdste Duitse kinder- en jeugboekskrywers. Hy het verskeie belangrike toekennings ontvang, soos die Deutscher Jugendliteraturpreis vir sy hele oeuvre, die Friedrich Rückert-prys en die E.T.A. Hoffmann-prys.

Oor die illustreerder:
Katharina Grossmann-Hensel (gebore 1973) het Illustrasiekuns in Hamburg studeer en werk sedert 1999 as vryskutskrywer en -illustreerder vir verskeie uitgewers.

Oor die vertaler:
Dr Nicol Stassen is die besturende direkteur van Protea Boekhuis. Hy het ’n BA-graad in tale, ’n meestersgraad in chemiese ingenieurswese en ’n doktorsgraad in geskiedenis. Hy is ’n navorsingsgenoot by die Universiteit van Pretoria. Hy het reeds verskeie kinderboeke uit o.a. Deens, Duits, Engels en Nederlands in Afrikaans vertaal. Verder is hy die outeur van boeke soos Afrikaners in Angola 1928-1975 (2010) en William Chapman – Reminiscences (2011).

Uitgewer: Protea
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.