Boek: ‘Toe ons in Ghrieshuis was’

Maretha Maartens

Gaan Kayla se lewe ooit weer oukei wees na Die Ramp? Die Ramp waarin hulle geliefde huis, Miernes, heeltemal afgebrand het en nou moet haar hele groot gesin in haar pa se ou werkswinkel, Ghrieshuis, gaan bly. Die Ramp waarin haar pa, ʼn motorwerktuigkundige en kranige fotograaf, sy sig verloor het en nou nie meer kan werk nie. Die Ramp wat alles verander het.

In Toe ons in Ghrieshuis was skryf Maretha Maartens met haar ervare skrywershand ʼn deernisvolle verhaal oor verlies, hoop en geloof. Die boek het pas by Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, verskyn.

Prys: R180,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.