Boek: Toe pappa klein was, was daar dinosourusse

Toe-Pappa-klein-was-was-daar-dinosourusse-voorblad.jpgSkrywer – Vincent Malone
Illustreerder – André Bouchard

Het jy al ooit gewonder hoe die wêreld gelyk het toe jou pa klein was? Was daar al dinge soos skole, kantore,
yskaste en TV’s? Hoe het mense vir mekaar sonder e-pos boodskappe gestuur? Het hulle regtig doodgegaan van iets soos verkoue omdat daar nog nie medisyne was nie?

Die skrywer neem die leser terug na prehistoriese tye waar die wêreld baie meer primitief en gevaarlik was. Groot illustrasies in waterverf en bruin potlood word telkens met ʼn gepaste skreeusnaakse kort sin vergesel.

ʼn Boek vir kinders wat vermoed dat hulle pa’s uit ʼn ander wêreld kom.

Vertaal deur Nicol Stassen.

Oor die outeur

Vincent Malone (geb. 1959) is die skrywer van Franse kinder – en jeugboeke soos die gewilde Kiki-reeks, Cochon Neige en Le Petit Chaperon de ta Couleur. Hy is ook ʼn komponis en ʼn selfverklaarde “Koning van Pa’s” wat vir kinders skryf en komponeer.

Oor die illustreerder

André Bouchard werk as humoristiese spotprenttekenaar vir bekende Franse koerante en nuustydskrifte.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R130.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gert ·

Wat n’ oulike boek moet dit net nie wees nie. Ek gaan verseker dit aanskaf. Die titel is ook nie so verregaande as wat baie dink nie omrede die mens en dinosourisse wel saamgeleef het. Fossiele is gevind waar mens en dinosouris voetspore saam gevind is wat langs mekaar loop. Die naam dinosouris beteken “Vreeslike Akkedis” en bestaan reeds van die middel 18de eeu af.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.