Boek: Toe-Val-Lig

Amore Bekker

Die geliefde en gewilde Amore Bekker se keuse van die beste, soms ongelooflike ware stories van toeval soos uitgesaai op RSG se middagprogram Tjailatyd. Luisteraars van dwarsoor die land deel hul ervaringe van die vreemde toeval wat ons lewens soms so onverklaarbaar kan aanraak. Amore het net minder as 100 van die beste stories uitgsoek vir ʼn boek wat jou sal laat lag, laat huil, en laat wonder.

Oor die outeur

Amore Bekker is een van die gewildste omroepers op RSG (met sy 1,2 miljoen luisteraars) en landwyd bekend en geliefd. Almal voel hulle ken haar persoonlik. Bekker se twee kookboeke was topverkopers. Sy woon in Johannesburg en is in aanvraag as seremoniemeester en korporatiewe aanbieder.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R235,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.