Boek: ‘Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes’ – Phillip de Vos, Piet Grobler

Tokkelossiebossie en ander dol gedoentes is Philip de Vos en Piet Grobler se 13de boek saam. Daar is daar allerhande dinge wat tussen die bladsye wegkruip: rooikop-tokkelossies in tokkelossiebossies, miere met voorname en Aspoestertjie met haar stink tekkies.

Daar is dinge wat jou sal laat lag en dinge wat jou sal laat dink: spinnekoppies met piepklein hartekloppies, vissies in blikkies en duisendpote met liddorings. Dit is ʼn land waar elke voëltjie sy eie lied het, die land van wie-weet-waar; die land waar jy oplaas die maan se skemerlig aan ʼn wilgerboom se tak kan hang. Dit is ʼn wonderland vir kinders, hulle ma’s en pa’s, oumas en oupas, asook ouma- en oupagrootjies.

Oor die skrywer

De Vos is ʼn oud-onderwyser, oud-operasanger, fotograaf en skrywer van Afrikaanse en Engelse gedigte en kinder- en jeugverhale. Hy is veral bekend vir sy ligte rympies asook limerieke. Verder is hy ook ʼn rymvertaler en skrywer en radio-aanbieder van reekse oor klassieke komponiste.

Oor die illustreerder

Grobler is ʼn bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer, kunstenaar en illustreerder. Grobler ontvang verskeie nasionale en internasionale toekennings vir sy werk en het reeds meer as 70 boeke geïllustreer.

Prys: R200,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.