Boek: Tot die dood ons skei

tot die dood ons skeiSchalk Schoombie

Wat dryf iemand om sy vrou of lewensmaat te vermoor? Hoe is dit moontlik dat ons, ná meer as ’n eeu van vroueregte, steeds daagliks hoor van skynbaar doodgewone mans wat hul vroue aanrand, vermink en vermoor?

Bekende joernalis en skrywer Schalk Schoombie kyk indringend na die verskynsel van “intieme vrouemoord”, iets wat in Suid-Afrika krisis-afmetings aanneem. Aan die hand van talle gevallestudies maak hy skokkende bevindings, waaronder dat jy nooit te oud is om deur jou man aangerand of vermoor te word nie, en dat nie eers swangerskap vrouemoord verhoed nie.

Enigiets, selfs skroewedraaiers, word as moordwapen gebruik, en vrouelyke word selfs in vate en tasse versteek. Tot die dood ons skei is ‘n skokkende oopvlek van ‘n misdaad wat skrikwekkend algemeen geword het.

Oor die outeur

Schalk Schoombie is gebore in Pretoria en het grootgeword in Kempton Park. Ná sy dramastudies aan die UP was hy akteur, kunsresensent, en redakteur van De Kat. As vryskutjoernalis skryf hy vir InsigRooi RoseSarie en Rapport. Hy is bekroon met ’n Mondi (1994), ’n ATKV-Mediaveertjie (2009), ’n AngloGold Ashanti-Smeltkroesprys (2012), en ’n Spesiale Toekenning vir Besondere Kultuurprestasie deur die FAK. Hy het reeds 9 dramas geskryf, waarvan Gepiekel in 2014 by Aardklop gedebuteer het. Schoombie woon in Alberton met sy gesin en drie Jack Russells.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R250,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.