Boek: Trompie omnibus 7

Topsy Smith

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-stories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. Trompie moet veg vir sy plek as spankamptein van die rugbyspan, veral wanneer sy vyand, Gerrit Moerdyk, almal teen hom draai. Trompie en sy maats bak ook vir die wetenskaponderwyser ʼn poets en Trompie skryf in vir ʼn kompetisie wat ʼn reis Kaap toe as prys aanbied.

Oor die outeur

Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ʼn rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ʼn belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R155,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Ronel ·

Wonderlik!!! My oudste seun is baie lief vir lees en het sover al die Trompie omnibus boeke. Sal die een beslis ook aanskaf.

Charles ·

Het die uitgawe vir my susterskind aangeskaf, (weet net nie of hy dit gaan lees nie-die kinders van vandag is BITTER lui!) dit is wonderlik dat Trompie nog beskikbaar is.

Gys ·

Ek het met Trompie grootgeword.
Noudat ek 46 is, dink ek dis tyd om al die Trompie boeke (en Uile, Jasper, ens.) weer te lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.