Boek: Tronkhond

Jakobus Daniël (China) Mouton

Dis ʼn fassinerende verslag van die lewe in maksimumsekuriteit-gevangenisse, met ʼn vars invalshoek – China was hondemeester aan die voorfront tydens tronkgevegte. Gewapen slegs met ʼn knuppel en sy hond moes hy messtekers en oproeriges afweer. Hy is ʼn mensch, ʼn ongeslypte diamant met hart en ondernemingsgees. Hy herinner aan Bennie Griessel. Hy rook en drink straf, sy huwelik is op die rotse, hy sukkel om gevoelens te wys, maar oor ʼn hond wat doodgaan, grens hy. Sy eerste pos, toe hy net 16 was, was op Robbeneiland, waar hy ʼn lang, breedgeskouerde gevangene met ʼn vriendelike gesig gesien skerm het. Hy was self ʼn bokser en kon sien die man het ʼn besonderse tegniek, dat hy lig op sy voete soos ʼn weltergewig was. Die bokser was Nelson Mandela. Saans het Mandela deur sy tralies vir die seun hardgekookte eiers wat hy afgeskil het, aangegee, dan eet hulle saam en gesels. Mandela het hom altyd aaangepor om verder te gaan leer.

Oor die outeur

Jakobus Daniël (China) Mouton is 23 Maart 1957 gebore. Hy was van 1974 tot 2013 ʼn hondemeester in die Departement van Korrektiewe dienste, waar hy ook aan die berede afdeling verbonde was. Hy het as spoorsnyer gewerk en sekuriteit by maksimumsekuriteit-gevangenisse verskaf. Hy spesialiseer later in narkotika en springstof. Hy was van 2010 afdelingshoof by Brandvlei-gevangenis. Hy tree in 2013 af en woon in Laingsburg.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R180-00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.