Boek: Tuisland

Tuisland-Karin-BrynardKarin Brynard

Kaptein Albertus Beeslaar het genoeg gehad van die platteland. Hy het pas sy bedanking ingedien, maar word vir een laaste sending die Kalahari in gestuur. Die dood van ’n San-leier en klagtes van polisiegeweld word sy missie.

Op die rand van die Kgalagadi-oorgrenspark, waar die laaste afstammelinge van die Kalahari-San in ’n wildernis van sand en Kalahari-leeus woon, loop hy hom in ’n bynes vas. Die brutale aanval op ’n Duitse toeris ontketen ’n rits gebeure wat ’n multimiljoenrandse projek vir die San kan verongeluk.

En dan val die volgende dooie. Beeslaar kry ’n nuwe kollega, kolonel Koekoes Mentoor, ’n hardekwas rissiepit wat saam met hom deur ’n doolhof van politiek, mites en moord moet stap. Gelyktydig moet Kytie Rooi, skoonmaakster by ’n luukse gastehuis op Upington, die Kalahari in vlug met ’n vreemde straatkindjie aan die hand.

Met die romans Plaasmoord en Onse vaders het Karin Brynard haar reputasie as een van Suid-Afrika se gewildste misdaadskrywers gevestig. In haar derde roman kom haar karakters te staan voor groter uitdagings as ooit te vore.

Oor die outeur

Karin Brynard het as skrywer reeds verskeie toekennings verower, waaronder die Universiteit van Johannesburg Debuutprys vir Kreatiewe Skryfwerk, die ATKV-prosaprys en twee M-Net-pryse. Haar boeke word ook in Engels, Duits, Frans en Nederlands uitgegee. Sy woon op Stellenbosch.

Uitgewer: Penguin
Prys: R250.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Maroela-lesers kan die boek teen R200-00 by Graffiti Boeke koop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Fanie ·

Ek stel regtig nie belang om ooit weer ‘n boek van hierdie skrywer te lees nie omdat sy soveel kru blatante vloekwoorde gebruik in haar werke.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.