Boek: Tussen die abjekte en die eteriese

Tussen die abjekte en eteriese voorbladMichel Houellebecq

Michel Houellebecq, wie se poësie as melancholies, pynlik selfbewus en bytend satiries teenoor die lewe en die verbruikersamelewing beskryf kan word, is al die “Baudelaire van die supermark”, of “Baudelaire gekruis met Philip Larkin” genoem. Benewens die liriese en melancholiese aard van sy werk, is talle van sy gedigte ook uiters kompleks weens die diep en ryk filosofies-teologiese en kosmologiese idees wat dit onderlê.

Oor die outeur

Michel Houellebecq (gebore Michel Thomas), wat in 1956 op die Franse eiland Réunion gebore is, is ʼn kontroversiële en veelbekroonde Franse romanskrywer en digter. Vir aanhangers herinner sy werk aan die tradisie van literêre provokasie soos gevind by Markies de Sade en Baudelaire terwyl kritici soms sy werk as aanstootlik en gemaak-skokkend afmaak. Hoewel Houellebecq sy grootste bekendheid (en berugtheid) met sy romans verwerf het, is dit in sy poësie waar die spanning tussen die verhewe (eteriese) en verwerplike (abjekte) ten diepste ondersoek word. Houellebecq is in 2010 met Frankryk se hoogste literêre toekenning, die Goncourt-prys, vereer vir sy roman La Carte et le Territoire (in Engels vertaal as The Map and the Territory).

Oor die vertaler

Henning Pieterse was reeds as kind bekoor deur die verse en klanke van digters soos Thomas Elliot, Breyten Breytenbach en Lina Spies. Henning is vanaf die begin van 2016 professor in die Departement Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat. Al behaal hy in 1994 ’n doktorsgraad in taalkunde, is dit veral kreatiewe skryfkuns wat hom na aan die hart lê. Hy debuteer in 1989 as digter met die bundel Alruin wat bekroon word met die Eugène Marais- en Ingrid Jonkerprys.

Hy publiseer verskeie akademiese artikels en resensies oor aspekte van die linguistiek, letterkunde en kreatiewe skryfkuns, lewer referate by verskeie nasionale en internasionale kongresse en fasiliteer meer as 150 werkswinkels oor skryfkuns landswyd. Hy was voorheen ook direkteur van die Eenheid vir Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria. Musiek is die ander groot liefde in sy lewe en hy het onder meer klavier en klarinet gespeel. Deesdae slaan hy tromme en speel ook die eiesoortige didjeridoe. Hy woon saam met sy lewensmaat, Karen Lazenby, en twee kinders in Bloemfontein.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R295,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JC ·

Baie dankie Maroela.

Ek gaan hierdie bundel Vrydag aanskaf, kan nie wag nie, yay !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.