Boek: Tussen die klippe

tussen die klippe

Hans du Plessis

’n Dekade of wat ná die Groot Trek word ’n vrou voor die hof gedaag vir veelmannery en al die onnoembare sondes wat daaruit kan voortspruit. Of ’n misdaad en sonde dieselfde saak is, is nie alte duidelik nie, maar die hof het tyd, stompe om op te sit, en iemand wat kan skryf. En getuies. Dit sukkel, want die verrigtinge word onderbreek deur bobbejane, voëls en vlakvarke wat ’n lawaai opskop wanneer nodig en onnodig.

Iedereen veg om ’n eie waardigheid en waarheid, net die regverdiges nie; hulle is nie seker wat hier bewys moet word nie. En wanneer die waarheid openbaar word, is dit nie die waarheid wat mens verwag het nie. Uit al hierdie dinge probeer dominee Johannes sin maak van wat die liefde is. Lê die liefde in al sy vorme nie dalk iewers tussen daardie twee klippe wat Moses van die berg af teruggebring het nie?

Oor die outeur:
Hans du Plessis is ʼn woordmens van formaat: navorser, akademikus, direkteur, dramaturg, rubriek-, roman- en jeugboekskrywer. Hy ontvang verskeie pryse vir sy skryfwerk, o.a. die C.R. Swart-prys, die ATKV-kinderboekprys, ʼn erepenning van die Suid-Afrikaanse Akademie en die prys vir die beste Algemene Christelike boek van die CBSA (Christian Booksellers Association). Hy het groot bekendheid verwerf met sy bundels Griekwagedigte waarvan meer as 65 000 eksemplare verkoop is. In 2013 verskyn Inboekeling en in 2014 As die wind kom draai.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R 220.00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek: Kry nou R44-00 afslag en koop die boek vir R176-00 by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

marlies taljard ·

Dis die moeite werd om dié boek te lees! Heerlike terugreis na die dae voor Pretoria ‘n stad was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.