Boek: Tussenganger

Marius Crous

Bekende digter en resensent Louis Esterhuizen het die volgende oor hierdie versameling gedigte gesê: Duidelik is Tussenganger die werk van ʼn digter wat in die volle krag van sowel sy eie kreatiewe denke as vakkundige vernuf staan. Dit is ʼn digverweefde, deurgekomponeerde en uitdagende teks wat die leser nie net met die totaliteit van sy/haar menswees konfronteer nie, maar ook dwing om afstand te doen van geykte opvattings en veral verwagtings. Genadelose poësie, inderdaad, en by uitstek hermeties van aard met geen “gemaklike” toegewing aan die leser óf die aangesprokene nie. Trouens, nog selde was TS Eliot se uitspraak “Genuine poetry moves before it is understood” só van toepassing as met hierdie gedigte.

Oor die digter

Marius Crous (1965–) is ’n bekroonde Suid-Afrikaanse digter en dosent aan die Nelson Mandela Universiteit. In 2004 het hy die RAU-Mardene Marais- (UJ-)debuutprys – vir Brief uit die kolonies ontvang.

Sy gedigte word opgeneem in die versamelbundels wat jaarliks ná Versindaba uitgereik word, asook in Groot verseboek en ander bloemlesings soos My ousie is ‘n blom.

Hy het in 2014 die derde prys in Versindaba se lykdigkompetisie oor gestorwe digters gewen vir Lykdig vir Wisława Szymborska. Sy publikasies sluit in Brief uit die kolonies, Aan ‘n beentjie sit en kluif en Vol draadwerk.

Genre: Poësie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.