Boek: Twee kinders later

Charmé Kriel

Charmé word onverwags met pre-eklampsie gediagnoseer toe sy 27 weke swanger is met haar eerste kind, Lisa. Klein Lisa word met behulp van ʼn noodkeisersnee gebore en Charmé se lewe word in ’n ommesientjie op sy kop gedraai. Lisa weeg 850 g, en sy veg elke dag om haar lewe. Charmé se reis tot ma word was nie maklik nie, maar sy vertel haar storie met humor en deernis – ʼn universele storie van oorlewing vir elke moderne ma.

Charmé Kriel se verhaal in Twee kinders later help ons om te besef dat ons nie alleen is nie; die ma langs jou het dieselfde pyne, vreugde, angs en vrae.

Oor die outeur

Kriel is ʼn voltydse Afrikaanse onderwyseres by Hoërskool Vishoek. Sy het in die Strand grootgeword en het haar BA-graad asook haar nagraadse diploma in Onderwys aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sy is getroud en sy en haar man en twee kinders woon in Simonstad.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R230-00*

*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae