Boek: Twee vir ’n stuiwer

Twee-vir-n-stuiwer-voorbladW.A. Hickey

Met hierdie klassieke verhaal oor die lewe van ’n mossiegemeenskap skep Hickey ’n werk vir oud en jonk. Kuif Kwaster en sy familie – ’n voorbeeldige en vername mossiegesin in die bodorp – neem die leser op ’n reis wat nie vir mense beskore is nie. Saam met Skeel At en Kuif verdedig lesers die mossie-eer teen die wraaksugtige en rebelse Beatnik-bende; en saam met Meks en Maja word daar vir die mannetjies in die bodorp flikkers gegooi.

Oor die outeur

Oor die ontstaan van hierdie uitmuntende werk skryf Hickey: “Gedurende April 1961 het ek by my skryftafel gesit. Deur die oop venster kyk ek na die doen en late van ’n elftal mossies. Hulle is bra baie vir ’n enkele gesin, maar daar is tog ’n intimiteit wat die indruk skep dat hulle meer is as terloopse kennisse. Die groepie is verteenwoordigend van enige gemeenskap (daardie vaal, verkeerdeveer-wyfietjie lyk juis soos ’n skinderbek!) met die goeies en die minder goeies …”

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R150.00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

elsabe ·

Baie dankie vir hierdie resensie MAROELA….ek vermoed ek gaan hierdie boek geweldig geniet! Ek is versot op MOSSIES – hulle is die mooiste, nederigste, en soms die mees parmantigste voeltjies…..die BYBEL verwys na hulle op so ‘n wonderlike wyse – dit kom altyd op wanneer ek na hulle kyk! Groete.

santa ·

Ek het in 1967 hierdie boek gekry vir skoolprys, dit is fantasies dat dit weer beskikbaar is!! “Groot” lewensles uit die wel en weë van mossies!!

Sann ·

Het dit in Std. 6 as voorgeskrewe boek gelees, en daarna nog so paar keer, net omdat dit so deksels mooi geskryf is. Nog ‘n Afrikaanse juweel is “Die groen ghoen” (PH Nortjè) . As jy moeg is vir die hedendaagse swaarmoedigheid en realiteite, is dit nou ‘n goedvoel boek wat jou weer met ander oë na die wêreld sal laat kyk.

FC ·

Daar verlang ek sommer na sekere voorgeskrewe boeke oo skool. Het toevallig enkele dae gelede na hierdie boek verwys. Onthou ook ander verhale soos Die vonkel in haar oog, Het verhaal van Pan en selfs engelse boeke soos The sea hawk en andere. Boeke wat bygedrae het tot my liefde vir lees.

Eliza-beth ·

Een van die beste Afrikaanse boek OOIT! Ek weet party dinge sal vreemd wees vi rdi ejong gelsag soos bv beatniks ens, maar ai, dis ‘n tydlose verhaal. Ek herlees dit elke paar jaar!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.