Boek: Tweede kanse

Stefan Enslin

Jong Joe en Anna, albei 13, raak hartstogtelik verlief op mekaar, maar dan tree die lewe tussenbeide en word hulle teen hul sin van mekaar geskei. Amper tien jaar later loop hulle mekaar weer onverwags raak, maar hul sterk band vanuit hul kinderdae is verlore. Sal hulle die lewe se baie hindernisse kan oorkom, en sal hulle ooit weer saam kan wees?

Tweede kanse is ʼn storie oor lewe, grootword, regte en verkeerde keuses maak, vashou aan dit waarin jy glo, ouerskap en hantering van die dood. Wat egter die sterkste uitstaan, is die liefde.

Hierdie storie verken die moeilikhede wat tieners en studente daagliks in die gesig staar en leer ook jonk en oud om in liefde te glo ten spyte van hartseer.

Oor die outeur

Stefan Enslin se eerste roman, Verskietende Ster, word in 2013 vrygestel en in 2015 wen die filmweergawe die toekenning vir gehoorgunsteling speelfilm by die jaarlikse kykNET Silwerskermfees. Hy is ook die medeskrywer en vervaardiger van die lokettreffer Strikdas: ʼn familiegedoente, draaiboekskywer en vervaardiger van Verskietende Ster, draaiboekredigeerder van Klein-Karoo, draaiboekskrywer van Trailer Made; ʼn internasionale familieavontuurprent, vervaardiger van Nul is nie Niks nie asook vervaardiger van Liewe Kersfeesvader.

Uitgewer: Naledi Uitgewers
Prys: R180,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.