Boek: Tweede omnibus Israel-verhale gebundel

Meer as 55 000 eksemplare van Marzanne Leroux-Van der Boon se gewilde Israel-reeks is al verkoop.

Shomer Yisra’el

In die somer van 2006 breek die tweede Libanese oorlog in Jerusalem uit. Marc gaan ongetwyfeld opgeroep word. En Rivkah is weer swanger. Marc vind troos in sy nuwe vriende Henok en Sarah Kambungu, Suid-Afrikaners wat Israel vir die eerste keer besoek. Terwyl die oorlog om hulle woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan. Wat sal die gevolge van sy belydenis wees?

Tiferet Yisra’el

Oorlog is iets waarmee Israeli’s leer saamleef het. Elke keer wanneer Marc vrees ervaar, raak hy diep bewus van die teenwoordigheid van die Heilige van Israel by hom. Hy worstel egter met sy eie bitterheid en kleingeloof wanneer sy ma, Mara, ʼn slagoffer van Suid-Afrika se misdaadprobleem word. Terug in Stellenbosch word Marc boonop gekonfronteer met die herinneringe aan sy jeugliefde. Henok Kambungu maak ʼn verrassende ontdekking wat hom in konflik met sy vrou bring. Sal hul paaie finaal moet skei?

Die Israel-reeks kom uit die pen van Marzanne Leroux-Van der Boon en word deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee.

Oor die skrywer

Leroux-Van der Boon is ʼn bekende en bekroonde skrywer wat in Vredehoek, Kaapstad, woon. Sy is veral bekend vir haar liefdesromans – wat allerhande etiese en aktuele kwessies aansny – en het ook ʼn passie vir Israel, wat die afgelope paar jaar uitgeloop het op elf gewilde romans wat in daardie land afspeel.

Prys: R275,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.