Boek: ‘Tyd om te skaats’ – Jacolet van den Berg

Jacolet van den Berg

Tussen die boom se blare waar sy soms vir haar lewe wegkruip en per ongeluk vir Lua, die coolste meisie wat sy ken, afloer. Sy is vas tussen die soet geure van haar ma se koekskeppings en haar uitgewaste jeans. Vas tussen haar pa se rugbesering terwyl hy plastiek-warlord speel en die wêreld vanuit sy studeerkamer probeer red. Vas in haar onvermoë om haarself te laat geld. Sy is moeg vir wegkruip, moeg om die enigste agter-die-klip-tiener te wees en te vries wanneer sy moet vlieg.

Tot Lua onverwags ʼn paar ou rolskaatse vir Hannah gee en haar help om kelnerin by die akwarium se koffiewinkel te word.

Hannah kom voor ʼn keuse te staan: veg, vlug of vries?

Sy kies! Sy kyk video’s oor hoe om bo te bly, want skaats gaan sy skaats. Die De Lange-broers kruis haar pad. Leo leer haar skaats, Ben wys haar die dolfyne en Hannah se vlerke kry vere.

Sy vlieg en wanneer sy land … land sy op wiele!

Tyd om te skaats was in 2019 op die kortlys van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie. Dit is geskik vir kinders 13 jaar en ouer.

Oor die skrywer

Jacolet van den Berg het in Bloemfontein grootgeword. Sy het BSc Dieetkunde aan die Universiteit van die Vrystaat gestudeer waarna sy twee jaar lank in Engeland gebly het. Ná ʼn draai in Johannesburg het sy en haar gesin in die Paarl nesgeskop waar sy, haar man en seuntjies saam met hul uitgebreide dierefamilie op ʼn pragtige Bolandse plaas woon. Met drie besige seuns gebeur alles in haar lewe deeltyds – selfs om te slaap! Tyd vir skryf word telkens beperk tot die middernagtelike ure. Nietemin is skryf een van haar passies en stories lê haar na aan die hart.

Prys: R225,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.