Boek: Uit die Beek 2015

uit die beek

Attie van Wijk

Uit die Beek is nie net die oudste Bybeldagboek in Afrikaans nie, maar die skrywer van hierdie 89ste uitgawe is ook die kleinseun van die oorspronklike skrywer. Attie van Wijk is ‘n bekende teoloog in eie reg, en hy bied met hierdie boek lesers weer eens die geleentheid om hulle elke dag by die vars water van die Woord te te verfris en voor te berei vir die dag wat voorlê.

Uit die Beek het oor die jare ‘n staatmaker in menige huis geword.

Uit die Ou Testament lees ons vanjaar deur Levitikus, 1 en 2 Samuel, Job en Esegië. Uit die Nuwe Testament lees ons Lukas, Galasiërs, 1, 2 en 3 Johannes.

Dié dagboek is geskik vir persoonlike stiltetyd, en ook om tydens huisgodsdiens te gebruik.

Ontdek só dat die Bybel elke dag byderwets, nuut en vars is.

Oor die outeur:
Attie van Wijk is ‘n gesaghebbende en inspirasionele teoloog. Hy was prinsipaal van die Nehemia-Instituut en die Hugenote-Bybelinstituut op Wellington, asook Hoof van Bedienings van Bybel-Media en voorsitter van dei Association of Christian Theological Schools. Hy en sy vrou, Wena, het vyf kinders wat in vyf verskillende lande woon, waar hulle almal aktief in diens van die Here staan.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R130-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.