Boek:  Uit die Beek 2018

 Uit-die-Beek-2018_COVER_v1voorfinaal_Page_1-002.jpgDr Barend Vos

Die oudste Bybeldagboek in Afrikaans is onder nuwe outeurskap. Vanjaar verskyn die klassieke Uit die Beek met ’n nuwe invalshoek en uit die pen van die bekroonde skrywer Barend Vos. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary gebaseer. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe.

Oor die outeur:

Dr Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy skryf elke maand in die tydskrif LiG sy Grootseun-storie. Hy is onlangs bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van dié stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus. Hy wen ook die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys in 2016 vir Die ewigheid in my hart.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R175*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.