Barend Vos
Die jongste Bybelse dagboek in die klassieke Uit die Beek-reeks deur die bekroonde skrywer Barend Vos het pas verskyn. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary geskoei. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.
Oor die outeur:
Dr. Barend Vos is ’n bekende Christen-skrywer en predikant. Hy is al bekroon met ’n ATKV-Veertjie vir een van sy LiG-stories en het al verskeie boeke uitgegee, van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy het in 2001 die CBSA-prys vir fiksie gewen met Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.