Boek: ‘Uit die Beek 2021’ nou beskikbaar

Barend Vos

Uit die Beek 2021 lui ’n nuwe reeks van hierdie klassieke Bybeldagboek in. Die oogmerk is om die Bybel binne die volgende klompie jare deur te lees. Die leesplan begin vanjaar by Genesis, en sluit onder meer in Rut, 1 en 2 Samuel, Ester, Psalms, Spreuke, Prediker en Jesaja. In die Nuwe Testament sluit die plan in Markus, 1 Korintiërs, Filippense, 1 en 2 Tessalonisense, en 1 en 2 Timoteus.

Groot momente op die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent word in ag geneem.

“Mag die Gees van God ons help om tydens ons stiltetyd God se arms om ons te voel. En om Jesus se voetspore duidelik te sien.”

Prys: R215,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers of Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.