Boek-uittreksel: Allerhande bygelowe oor die muis

As iemand ‘n dooie muis weggooi, sal die wind gou daarna uit die rigting van die karkas begin waai.

As ‘n muis naby ‘n siek persoon piep, is dit ‘n voorbode dat die siekte sal sterf.

Muise is die siele van mense wat vermoor is en behoort daarom met respek behandel te word.

As jy ‘n muis sien, moet jy liewer ‘n voorgenome reis afstel, dit gaan beslis teenspoedig wees.

Plinius die Ouere (23-79 n.C.) het gesê dat deur geroosterde muise te eet masels, verkoues, seerkeel en koors genees kon word, en gemeng met heuning was dit ‘n aangename mondspoelmiddel.

Maar die muis staan in die teken van onheil. As dit jou klere vreet, is dit ‘n sekere voorteken van naderende dood.

Die duiwel het die muise in die Ark gemaak, of hulle het tydens ‘n storm uit die wolke op die aarde geval. In Duitsland is geglo dat hekse die muis gemaak het.

In moderne tye is geglo dat verpoeierde muis ‘n teenvoeter vir bednatmaak is.

Uittreksel uit Bygelowe en waar hul vandaan kom
Outeur: Dr. Anton F. Prinsloo
Uitgewer: Pharos
Prys: R355-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

pikkewyn ·

Al wat ek weet muise rig baie skades aan boerderye en as hulle in oormaat is, is die ekosisteem in wanbalans. Slange en voels wat muise vreet word uitgeroei, ook deur gifstowwe. Katte word gewoonlik gebruik op plase.

Ek ken nie een vd bygelowe nie *s*

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.