Boek-uittreksel: Bygelowe oor moesies

Cindy Crawford

Cindy Crawford

‘n Moesie agter die nek was ‘n voorteken dat die eienaar eendag gehang sou word.

Dit is ongelukkig om meer moesies aan die linkerkant as aan die regterkant van die lyf te hê (die paranoïese sinisterofobie dat links slegter as regs is).

Moesies wat langwerpig eerder as rond is, is ook ongelukkig.

Op die gesig, ken of nek beteken ‘n moesie rykdom wat sal kom; op die bors en maag: krag; op die neus: wellus; op ‘n vrou se dy: ontrouheid en spandabelrigheid.

‘n Moesie op ‘n vrou se bors maak dat geen man haar kan weerstaan nie, al het hy nie ‘n moesie op sy neus nie.

Die moesie word soms beskou as ‘n merk van die duiwel en is dus ongelukkig.

Die Grieke het ook sekere bygelowe oor moesies gehad. Bo die regteroog: rykdom en ‘n gelukkige huwelik; bo die linkeroog: gesonde belangstelling in die teenoorgestelde geslag wat blydskap gaan meebring; op jou slaap: vreugdevol in die liefde; op die neus: sukses in die sakewêreld; op die ken: gelukkig met jou vriende; wang: vreugde sonder rykdom of roem; oor: tevredenheid; arms: vredige natuur; skouers: kan moeilikhede met moed in die gesig staar; hande: in staat om vir jouself te sorg; bene: vol wilskrag; nek: geduld.

Uittreksel uit Bygelowe en waar hul vandaan kom
Outeur: Dr. Anton F. Prinsloo
Uitgewer: Pharos
Prys: R355-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.