Boek: Vakansiepret 1: Piekniek op die strand

Piekniek op die strandTheresa van Baalen

Jana en Alisha is beste vakansiemaats! Hulle sien uit na ʼn heerlike vakansie propvol pret op Duinebaai.

Die meisies besluit om piekniek te gaan hou op die strand, maar ongelukkig wil Jana se irriterende kleinboetie, Tiaan, en sy maatjie Rudie saamkom.

Jana weet sommer die twee seuns gaan hulle piekniekplanne bederf!

Maar dan hoor die twee meisies ʼn vreemde tjankgeluid tussen die duine. Toe hulle ondersoek gaan instel, ontdek hulle ʼn klein hondjie wat seergekry het en hulle hulp dringend nodig het.

Sal hulle die hondjie se eienaar kan opspoor?

Oor die outeur

Theresa van Baalen se eerste twee prenteboekpublikasies, Aspris-krokkedis en Karla Krullebol, is albei met ATKV-Kinderboektoekennings bekroon. Aspris-krokkedis het ook in 2012 die Tienie Hollowaymedalje vir Kleuterliteratuur ontvang. Theresa is veral bekend as skrywer van die gewilde Sanri Steyn-reeks. Sy het al in ander genres ook geskryf, maar kinderstories sal altyd haar eerste liefde wees. Sy sê om vir kinders te skryf is pret en voel nie na werk nie. Sy hou daarvan om na die sterre te kyk, foto’s te neem en in haar tuin te werk. Sy het onlangs begin om haarself te leer kitaar speel, maar sal liewer nie haar rekenaar permanent vir ʼn kitaar verruil nie.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R110,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.