Boek: ‘Vampierhokkie’ – Fanie Viljoen

Fanie Viljoen

Hoekom gebruik die skool nie die klaskamers aan die westekant nie?

“Omdat almal wat soontoe gaan, sterf!”

Daar is ʼn vampier in Laerskool Jakkalsdal. So sê die kinders. Maar is die storie waar? Die hokkiespelers, Zondi, Kayla en Waggie, gaan vandag uitvind. As hulle hierdie spel verloor, word hulle dalk gebyt …

Vampierhokkie deur Fanie Viljoen het pas by Lapa Uitgewers verskyn. Dit volg op Monsterrugby en is deur Luan Serfontein geïllustreer. Klik hier om na ʼn voorlesing van Monsterrugby te luister. Die voorlesing is in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak.

Oor die skrywer

Trefferboeke soos Slym, Klou, Betower, Bravo, Lulu, Aksieheld Austin en die Nova-wetenskapfiksiereeks het van Fanie Viljoen ʼn huishoudelike naam gemaak. Viljoen het in Welkom grootgeword. Hy het op skool reeds in kuns belang gestel en afgesien van sy bekroonde skryfwerk vir kinders en jongmense is hy ook ʼn illustreerder en visuele kunstenaar. Van sy skilderye het ʼn tuiste in die VSA, Australië, Kanada en Brittanje gevind. Sy boeke Betower en Afkop was naaswenners in twee van Lapa Uitgewers se jeugromankompetisies, en hy het al ʼn rits ATKV-Woordveertjies verower. Fanie Viljoen woon in Bloemfontein en skryf heeltyds.

Prys: R145,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Chantel ·

Iets lekker om te lees vir die jongspan. Ek is net bewus van ‘n paar ou tantes op ons ou dorpie wat sal sê dis duiwels.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.